Dit gaan goed met ons hier in Australie. Ons en Varkie het goed gevlieg.
Dit gaan blykbaar baie goed met haar en almal daar dink sy is te qute.
Sy was laasweek op hitte, blykbaar net vir die week. Hulle se sy het baie goed aangepas.
Ons kan nou nie meer wag vir haar nie, dit was nog redelik toe ons haar elke week gesien het. Hierdie 5 weke is baie lank. Ons het 'n lekker huis met 'n mooi toe erf gekry.
Ons mis julle almal, julle was soos familie. Weereens baie dankie vir al julle liefde en sorg vir Varkie. Ons het altyd geweet sys in die beste hande. Dankie vir al julle vriendelikheid en liefde.
Se asb groete vir almal. Ons sal weer laat weet hoe dit gaan.