Compliments


Hallo Alta en almal,

Het HEERLIK gekuier in Aus by die kinders, ongelukkig was die diere toe nog in Aus kwarantyn en nog nie by die huis nie. Hulle het die 9de Januarie huis toe gegaan, almal spekvet en gesond tot die oue Kietie oor wie ek so geworry het. En al die spekvet en gesondheid is natuurlik aan Keringa te danke want dit was maar swaar in die Aus kwarantyn, klein hokkies en niemand wat hulle uitvat vir lopies nie. Ook geen van die "spesiale treatment" van Keringa nie.

Het vir julle fotos aangeheg wat Lise vir ons gestuur het, die eerst klomp geneem op Vrydag die 9de toe hulle by die huis kom en alles beruik en bekyk en toe die Saterdag toe Lise en Darryl die honde vir die eerste keer in hulle lewens see toe gevat het. Jack, wat so lief is vir water, het gedink hy is in die hemel. Wys tog asseblief die fotos ook vir Colin en Robert. Robert is die een wat altyd gesorg het dat Jack se swembad vol water is !!

Groete vir julle almal en mis julle nog steeds op Saterdae!

Die Kaufmann Ouma

Kauffman

Kauffman

Kauffman

Kauffman

Kauffman

Kauffman

Kauffman

Home Pet travel with Petwings Pet emigration to Australia and New Zealand Pet boarding dog kennels and catteries Pet pictures Pet astrology Click any
link above
Click any
link above